FACEBOOK MEMORIES

Net 'n Gedagte

Hier’s ek nou, I’m back, ja ek sal nog ‘n mooi post skryf oor “Back-to-blogging’ en hoekom ek so lank stil was, maar vir eers moet ek oor hierdie spesifieke memory skryf en ek moet hom nou skryf, kwart oor 9 op ‘n Donderdagaand, op die 23ste September want dis hoe relevant hy is, as ek hom more eers gaan skryf of post gaan dit nie meer so great wees nie, Mareli hou maar nog altyd vir ‘n bietjie significance.

Eks was ook maar nog altyd iemand wat, ek wil nie noodwendig sê lief is vir cliché’s nie, maar dis presies wat dit is. Ek lief cliché’s, ek hou van significance EN dit is ‘n blog vir ‘n ander dag. Vir nou, skryf ek oor Facebook memories en die cliché’s daaragter dat dit eintlik nie altyd ‘n slegte ding is om dit te kry nie.

Vanoggend het ‘n baie goeie maatjie van my vir my ‘n boodskap gestuur en gesê, “Vandag ‘n jaar terug het “naam van spesifieke produksie” gebeur”. Ek het dadelik terug gedink en nie besef dis al ‘n jaar terug nie, hoe crazy baie dinge al in die afgelope jaar gebeur het.

Later op my Facebook het ek hierdie spesifieke memory gekry.

23 September 2020

As ek nou mooi na hierdie Facebook memory kyk lyk ek baie opgewonde, en dis nie dat ek nie opgewonde was nie, inteendeel ek was moerse opgewonde.

Ek het eintlik baie gemengde gevoelens as ek hierna kyk, soos wat mens seker maar het as jy na elke Facebook memory kyk. Soos ek na hom kyk, sien ek, ek is opgewonde want ek is oppad Kaap toe!!

Ek onthou die “Mareli-is-oppad-Kaap-toe” het baie vinnig gebeur. Ek het die Dinsdagmiddag gehoor die maatskappy in JHB vir wie ek op daardie stadium gewerk het, het my nodig om te help op “naam van spesifieke produksie” en ek moet vroeg die volgende oggend vlieg. So het ek my goed by die werk inderhaas opgepak, ‘n tas, powerbank, jeans (ja jeans) en paar ander benodighede gaan koop. Deur wasgoed was, naels vref, pak en opwinding het ek maar min geslaap maar so is ek toe vroeg op ‘n vlug oppad Kaap toe. “Let’s do this” was nog my story caption.

Ek love dit eintlik om te sien hoe opgewonde ek was vir hierdie nuwe avontuur wat vir my voorlê, min wetend watse crazy avontuur op my wag.

So ek was nog altyd iemand wat uitdagings aangryp, al is dit ‘n uitdaging wat ek nie 100% weet hoe en wat en waar nie, al is dit ‘n tipe produksie waar ek nog nie in hierdie spesifieke kapasiteit gewerk het nie, ek hou van uitdagings! As ek nie iets weet nie, leer ek. Hulle sê mos, die beste manier om te leer swem is om aan die diepkant ingegooi te word, and man het ek vinnig leer swem!! Dit was ook maar net ‘n bietjie kop-bo-water-hondjie-swemslag-ook-maar-net-net swem, maar swem het ek geswem, want verdrink was nie ‘n opsie nie.

BAIE lang storie kort… Ek het in absolute choas ingestap, mid production, 3de produksiebestuurder op die projek, mense het ‘n wedenskap gemaak oor hoe lank ek gaan bly voor ek my kop verloor, wanneer gaan die nuwe produksiebestuurder instap. Dit was nag, ek het ingestap en sonder dat ek eintlik weet wat aangaan begin vure doodslaan, vir al wat leef en beef begin jammer sê oor foute waarvan ek nie eers bewus was nie. Dit het gevoel soos die projek van hel. Mense wat op mekaar skree, vingers wys, mekaar sleg sê, niemand wat weet wat aangaan nie, die dorpsmense wat niks met ons te doen wil hê nie, die grootbaas wat net nie oor enige van die span omgee nie, mense wat nie reg betaal is nie…. en, en, en…the list goes on. Ek het sonder my wete vyande gehad, bygesê ons is nou goeie vriende. Punt is, dit was nag!!

Nie dat ek noodwendig wil uitbrei op die projek en wat als verkeerd geloop het nie, maar eerder oor die Facebook memory.

Ek het vandag dit gesien en gedink, vrek maar dinge kan soveel anders uitdraai as wat mens dink. Vandag ‘n jaar terug waar ek hierdie 2 stories op Facebook geplaas het ‘n tot vandag toe, 23 September 2021, het ek so ongelooflik baie van myself en ander geleer. Ek het so baie gegroei, ek is nog dieselfde mens as wat ek was in daardie foto, maar beter, ‘n beter Mareli wat soveel in ‘n jaar gegroei het. Die maand na hierdie ‘stories’ was seker een van die crazyste maande in my 29 jaar, maar ek het dit oorleef, ek en ‘n handjie vol vriende wat ek in hierdie crazy tyd ontmoet en oorleef het. Letterlik die Whatsapp groepie se naam is “naam van spesifiek produksie, Suvivors” want dis wat ons is.

Dis wat ons van enige memory is, goed of sleg, ons is die Survivors van ons Facebook memories. Om te onthou dat ons geleer het, om te onthou ons het beter ander kant uitgekom, om te onthou dit was ‘n lekker tyd, of dalk nie, maar hier is ons vadag. Ons memory is nie altyd iets wat ons wil onthou nie, maar op die oomblik was dit goed en dit is goed om dit te onthou.

Ek kyk na hierdie memory en ek dink, WOW ons het nie ‘n clue wat op ons more wag nie, ons weet nie hoe die dag, week of maand gaan uitdraai nie, maar more is more en nou is nou, en ons kan kies om nou opgewonde te wees vir die avontuur wat voorlê, want ons weet in elk geval nie wat dit gaan wees nie. Yay vir cliché!!

Gaan jy dit geniet? Ja jy gaan, maar ook nie noodwending altyd nie. Gaan jy lag, verseker! Gaan jy huil? Heel waarskynlik, heel waarsklynlik baie, soos ek omtrent die grootste deel van Oktober 2021 gehuil het. Gaan jy ‘n stukkie van jouself leer? Wel ek blerrie hoop so, want ek het BESLIS. Dit mag dalk nie ‘n Facebook memory wees wat ons altyd wil onthou nie, en dit mag dalk nie ‘n avontuur wees wat ons in gedagte het nie, maar ‘n tipe avontuur sal die verseker wees.

Mareli xx