Justine – Vir jou gaan ons bitter baie mis!!

Uncategorized

Justine, jy met jou mooi hart en sagte persoonlikheid, sou vinnig empatie gehad het en ‘n traan moes afvee as jy gehoor het van die mamma wat 11 dae voor haar dogtertjie se 1ste verjaarsdag net nie wakker geword het nie.
Jy sou kwaad gewees het vir die lewe want hoekom gebeur slegte dinge met goeie mense. Hoekom is dit nodig dat mense in een week ‘n begrafnis en ‘n 1ste verjaarsdag moet hou?

Jy sou die seer gevoel het.

Hierdie tipe ding lees mens net van in die nuus of jy sien dit in flieks. ‘n Mamma wat skielik oorlede is en net die pappa en baba dogtertjie wat oorbly. Dit is half 2 dimensioneel, daar is net ‘n naam en ‘n foto, maar mens kan geen persoonlikheid daaraan koppel nie, geen geskiedenis of persoonlike verhouding nie. Dit voel net nie real nie, totdat dit met jou gebeur, sodra jy ‘n naam, persoonlikheid, geskiedenis, herinnering aan die persoon kan koppel word dit eers real. Dit voel vir my of ons ‘n fliek kyk, asof ons nou klaar gaan huil en julle gaan bel om te vertel van die vreeslike hartseer fliek wat ons gekyk het. Ons kan nie eers pause om tissues te kry en tee te maak nie, want die tissues en tee is al op. Ons moes al nuwes gaan koop. Die bure het al kos gebring, sy baas se vrou was die eerste tannie wat die famous lasagne gebring het en die huis is natuurlik vol blomme. Moet my nie verkeerd verstaan nie, mens is dankbaar vir hierdie mense en hul lasagne, want in daardie oomblik het jy glad nie ‘n eetlus nie, nevermind om nog te dink aan kos maak. Maar dit is nodig, mens moet aangaan. Die lewe moet ongelukkig aangaan.

Hier is ons, ongelukkig nie besig om ‘n fliek te kyk nie, ongelukkig kan ons nie van die nare droom wakker word nie. Ongelukkig gaan jy nie enige oomblik by die deur instap en ons almal vergesel met jou mooi glimlag nie. Ongelukkig het jy nie daardie oggend wakker geword nie. Daardie oggend wat ek dink nie een van ons sommer sal vergeet nie, veral hy. My hart bloei vir my boetie en julle dogtertjie en hoe hulle lewe die oggend van
10 Maart 2020 drasties verander het nie! Nooit sal ek ooit gehoop het my boetie moes my met daardie
verskriklike woorde gebel het nie.

Justine, hierdie maand dra ek op aan jou. Ek wil hê almal moet weet watse ongelooflike vrou jy was. Ja ons het mekaar so min gesien en ek is rerig jammer dat ons nie meer moeite gedoen het om by julle uit te kom nie. Ja ons way of doing was anders, ja ons was albei maar in ‘n manier moeilike mense, maar jy het my boetie lief gehad, jy het hom geleer wat liefde is. Jy het hom gelukkig gemaak. Jy was sy beste maatjie, sy vrou, sy bloomis. Jy het vir hom en ons ‘n stukkie van jouself agtergelaat en die mooiste klein Karla gegee!! Dankie dat jy vir hom ‘n rede gegee het om in hierdie vreeslike moeilike tyd aan te hou. Dankie vir wie jy was in ons en veral Bertus se lewe!! Dit was ‘n groot voorreg om jou vir ‘n rukkie deel van die familie te kon hê, jy sal altyd ons liewe Justine bly.

Justine hierdie huldeblyk is eg aan wie jy was!!

Op 29 Mei 1991 het die wêreld vir ons almal bietjie meer betekenis gekry. Justine is gebore. Party was bevoorreg genoeg om haar van dag een af te kon ken en party moes bietjie wag tot die tyd reg was om hierdie juweel te kon ontmoet.

Ek het bietjie gaan oplees oor die betekenis van die naam Justine. Dit was natuurlik vir my baie opvallend en ek glo nie met toeval dat haar naam VIR HAAR so mooi uitgeknip was. 

Justine is Fair, Rightous, sleek and sophisticated en ek dink julle almal sal met my saamstem, hoe ‘n natuurlike ingebore sophistication sy gehad het. Of dit nou in ‘n kortbroek, bootse of kamoefleerpak op die plaas was,
of opgedollie vir ‘n troue – sy het die sophistication oral saam met haar gedra. Sy was ‘n dame wat oral waar sy gaan, ‘n stukkie juwele gedra het en vroulikheid uitgestraal het.

As mens aan juwele dink, is jou eerste gedagte WOW, dis MOOI en hoe akkuraat was hierdie gedagte nie vir ons elkeen gewees, die dag toe ons hierdie juweel ontmoet het, WOW Justine is mooi. Ek kon nooit verstaan hoe mense van iemand praat as ‘n juweel nie. Wat die betekenis daarvan is nie, maar die laaste paar dae het hierdie vir my net in oormaat duidelik geword.

Diamante, Pêrels, Goud, Silwer – alles materiaal waarvan juwele gemaak word en alles so sinoniem aan, blink, mooi, sterk, indrukwekKend, gesofistikeerd. Dit is sag, maar het tog so groot impak in jou lewe.
Dis prEsies wie en wat Justine was, ‘n sagGeaarde vrou met ‘n ongelooflike mooi hart, ‘n juweel in elkeen van ons se lewe.

Mense dra juwele omdat dit hulle laat goed en gelukkig voel. Om haar in jou teenwoordigheid te hê het beteken jy is gelukkig, julle het gelag,
jy het goed gevoel want Justine is hier.

Juwele is mooi en daarom word dit gedra. Ons almal was trots om hierdie juweel deel van ons lewe te kon hê. Justine met haar donker hare was beeldskoon, sy het haarself versorg en so mooi na haarself gekyk.

Juwele is mooi. Justine was mooi. Juwele is sterk. Justine was sterk.

Hoe sterk dink ek het nie een van ons in hierdie tyd van hoofpyn en sleg voel besef nie. Haar kollegas getuig, hoe selfs haar laaste uitstap by die werk oppad dokter toe, met ‘n glimlag op haar gesig was.

Juwele word vir ander met liefde as ‘n geskenk gegee. Justine was liefde.
Sy het liefde uitgestraal en vir almal om haar liefde in oorvloed gegee. Haar liefde vir diere was bewonderendswaardig. Sy het elke nou En dan Bertus laat belowe om die een of ander siek of alleen bokkie, eekhoring of diertjie huis toe te bring om seker te maak, hy word met soveel liefde versorg.

Dit sluit wel nie die dag in toe Bertus die slang wat in die huis gevind is, in die veld wou vrylaat. Sy was summier kwaad en het net bly sê die slang moet dood, of soos in haar eie woorde “Die Bybel sê, jy moet die slang se kop vermorsel”. En weereens is daar net lekker saam met haar gelag.

Justine was nog meer lief vir haar eie honde. As mens by hulle huis instap, sien jy sommer by die ingang, op die stoep, om elke hoek en draai matrassies vir die honde.

Justine was net so lief vir ander se diere.

Ons almal moes maar styf vashou as Justine kom kuier, want as sy nie self hulle in die kar wil laai nie, sal die hond, wat die hele tyd op Justine se skoot gesit het, baie maklik saam met haar in die kar spring, reg om saam na haar en Bertus se huis te gaan.

Mense dra juwele omdat dit betekenis het. Elkeen het so baie vir Justine beteken en sy soveel meer vir ons. Sy het diep spore in baie mense se lewens getrap en van die begin af harte gesteel.

Juwele is ook ‘n teken van herinnering. So baie onvergeetlike herinneringe is saam met haar geskep, of dit nou langs die viswater, op die strand, langs die vuur, in die natuur tussen die berge, in die kantoor, of saam met ‘n heerlike familie of vriende kuier, hierdie juweel was deel van so baie mense se spesiale herinneringe.

Juwele word in die vorm van ringe gedra as ‘n betekenis van die huwelik wat verbind word. Sy was net so lief vir jag, visvang en die buitelewe en is perfek uitgekies vir Bertus. Die huwelik is tussen hulle verbind en al was albei selfs soms maar lekker hardkoppig, was hulle ongelooflik lief vir mekaar en kan ek nie aan ‘n beter pasmaat vir Bertus dink nie.

Justine was sy vrou, ‘n dogter, ‘n sussie, niggie, vriendin, kollega en natuurlik ‘n mamma … Wat ‘n pragtige juweel mamma!! Jy het ‘n stukkie van jouself agtergelaat. Justine dankie vir die pragtigste klein poplap Karla, met die strawberry blond hare soos jy dit beskryf het. Sy bring soveel vreugde en troos in ons hartseer. Bertus gaan baie mooi na haar kyk. Hulle gaan mekaar se lewens aanvul en verryk. Saam gaan hulle op die grond rondkruip, saam gaan hulle speel, al is dit met poppe of die teestelletjie , saam gaan hulle lag, saam gaan hulle huil. Saam gaan hulle mis, saam gaan hulle verlang. Maar ek belowe vir Karla sal ons
van jou vertel.

Justine is a French name that never reached the popularity it deserves. Justine die wêreld het verseker nog nie genoeg van jou gesien nie.
Jy was ‘n te kort tydjie vir ons gegun, hoe graag sou ons almal
jou nog baie jare wou geniet.

Juwele is kosbaar. Wanneer mens ‘n kosbare stukkie juweel verloor,
is jy hartseer, ontsteld en kwaad. Soms kan mens daardie verlore stukkie juweel vervang … Justine jy is die kosbaarste juweel wat ons gehad het en nie kan vervang nie.

Justine, vir jou is ons baie lief en vir jou gaan ons bitter baie mis.

Justine jou plekkie is leeg! Ons mis jou lag, jou omgee, jou beautiful hart. Ons mis jou selfstandigheid, jou soms hardkoppigheid, maar tog jou deeglikheid van dinge doen. Ons mis die liewe Justine wat vir ons so lief was.

Ek belowe ons sal mooi na hulle kyk en van jou praat, vir Karla van jou vertel en jou menswees celebrate!

Ek is baie lief vir jou sussa en vir jou gaan ons bitter baie mis!!

Ziplining

30 VOOR 30, Ziplining

“Life is either a daring adventure, or nothing”

Helen Keller

Oh WOW, ek gaan sommer dadelik begin om net te sê Oh WOW!! Ek is verseker hooked aan hierdie tipe adventure.

Ek weet nie eintlik waar het die begeerte om Ziplining te doen vandaan gekom het nie. Ek onthou net toe ek gehoor het van Canapy Tours, of op daardie stadium het ek meer gepraat van Tree hopping, het ek dadelik gesê “Eendag gaan ek dit nog doen”. Dit was seker meer as 10 jaar terug. Ek verbeel my ‘n vriendin het saam haar ouers in Tsitsikamma vakansie gehou en het terug gekom en my daarvan vertel. Op daardie stadium en ook lank daarna het ek gedink, sjoe dit moet vreeslik duur wees. So Mareli het besluit, eendag as ek baie geld het gaan ek in Knysna vakansie hou en dit doen.

My onkunde het my vir so lank in die duister gehad. Nie net was ek verbaas dat dit nie so duur is nie, maar dat jy dit ook op ander plekke as Tsitsikamma kan doen. As ek maar net vroeër bietjie meer navorsing daaroor gedoen het, sou ek dit seker al lankal gedoen het en ook ‘n hele paar keer, en moet my nie verkeerd verstaan nie, Tsitsikamma se Tree Hopping is nogsteeds op my wishlist.

Nou sommer vroeg in my en Pietr se verhouding het ek al agter gekom die man is nie baie lief vir hoogtes nie. Dit was half bietjie vir my erg gewees, want Mareli hou van avontuur. Mareli geniet ‘n ou stukkie Gold Reef City. Mareli gryp die geleentheid om in ‘n lugballon te vlieg met albei hande aan. Mareli het nog altyd gesê sy wil Bungee. Mareli hou in ‘n mate van hierdie thrilling dinge. Kêrel ongelukkig nie so baie nie – hoogtes is vir hom net een te veel. Moenie dink dat ek met die keer toe ek gebungee het, nie daarbo gestaan het en myself moes oortuig om die actual sprong te maak nie. Ek was verseker bewerig in die boude. Ek het verseker die ‘oh snaps dis hoog vrees gehad’ maar die feit dat dit ‘n cool storie sou wees om te vertel, was op die ou end die finale oortuiging. But hey, dit is sy besluit en ons doen ander lekker dinge saam wat nie hoogtes bevat nie. Ek sal my hoogte adventure goed saam met vriendinne doen.

Net om in kêrel se defence te noem waar sy hoogtevrees vandaan kom. Daai grappies wat almal maak as iemand op ‘n hoë gebou, berg of brug staan en die persoon word van agter skrikgemaak en gestamp asof hy/sy nou van hierdie hoogte gaan afval, maar eintlik hou jy hom nog mooi vas … wel daardie is ‘n k@k grappie om te maak!! As jy dit doen, hou asb op – dit het lasting effects. So ja, alhoewel ek baie graag wou gehad het kêrel moes al hierdie goed saam met my doen en hierdie amazing free gevoel beleef en ervaar hoe lekker dit is, sal ek hom nooit kwalik neem as hy dit nie wil doen nie.

Gelukkig het ek twee super adventurous vriendinne, wat nie twee keer gedink het toe ek sê, lets go, ons gaan ‘n Canapy Tour doen nie. Hulle albei was dadelik baie keen … “wanneer gaan ons? Bianca se man, Jaco, ook nie lief vir hierdie tipe ding nie, sê hy sal vir Pietr vat om te gaan visvang. Net om vinnig weer perspektief te gee, Pietr is soos in glad nie die visvang tipe nie. Pietr, wat ‘n gesprek verlaat as daar net oor visvang gepraat word en altyd die ander opsie sal kies as dit tussen visvang en iets anders is, het baie vinnig vir Jaco gesê hy leer baie graag eerder visvang as wat hy saam gaan Canapy Tour. Goed ons sal die manne later ontmoet vir lunch.

Na ek bietjie rondgesnuffel het, kom ek op Canapy Tours af en sien Magaliesberg is die naaste aan ons. Dis nie te duur nie en daar is nog baie plek beskikbaar. Ek bespreek vir ons. Sondag 16 Februarie gaan ons Zipline.

Go Pro’s is gepak, ons het gemaklike klere aan, lekker toe-skoene, sonbrandroom en lekker baie excitement. Ek moet eerlik sê, ek het natuurlik daarna uitgesien, maar ek het eers werklik opgewonde geraak en besef dat ons dit nou actually gaan doen toe ons daar aankom en begin opgear. Dit was half die geval van, as mens te veel uitsien na ‘n ding, is dit meeste van die tyd ‘n disappointment en dan nou natuurlik anders om. Sien nie uit na iets nie en dis baie lekker. Sonder dat ek dit so beplan het was dit die geval waarvoor ek baie dankbaar is.

Ons kom toe daar aan, die 2 gidse Thumie & Tshepo, gee vir ons die nodige toerusting, op die bakkie is ons groep mense oppad na die eerste platform op die kranse. Daar was nie rerig ‘n inligting sessie vooraf oor hoe jy hierdie en daardie doen nie. Nee wat – jy doen en geniet dit net. Dit is rerig nou nie rocket science nie. Die kabels is gespan, die gidse clip jou op en af waar jy moet wees, jou voete moet voor die platform waar jy gaan land in die lug wees, as jy nie daar uitkom nie, trek jy jouself op die kabel nader en by die laaste paar slides moet jy jouself briek met jou ander hand. Ja jy het handskoene aan. Dan die belangrikste, jy moet dit geniet. Hierdie is goed wat voor die eerste slide en soos die toer aangaan vir jou gesê word. Ek dink nie hulle gee te veel inligting vooraf nie, want die overthinkers sal soos mal word en moontlik vinnig uitchicken vir geen rede nie. Hoe minder jy eintlik weet, hoe meer geniet jy dit, of so hoop ek maar.

Die gidse was amazing! Hulle het so groot deel van die dag gevorm met al hulle geselsies en grappies. Ons almal was verseker die heeltyd op ons gemak en het ook nooit onveilig gevoel nie. By slide nr 3 het jy sommer al presies geweet hoe die hele proses van op-clip en af-clip werk. Just go with the flow, of die slide. So eenvoudig en lekker soos dit.

Die hele ervaring was so min of meer 2 ure gewees. Dit sluit die aankoms, reis na die eerste platform, slides, bietjie natuur feite waarmee die gidse ons vermaak, ‘n water en koekie breuk, stap terug na waar die bakkie ons optel en ‘n ligte middagete in. Die uitsig is asemrowend, verseker iets wat ek weer sal wil sien en dalk bietjie meer na wil oplet as ek weer gaan. Die stap terug was lekker relaxing en het ook natuurlik gesorg vir paar mooi foto geleenthede. Die video na die tyd het beslis gesorg vir bietjie lag en hoe ons al 3 met elke slide dieselfde emosie as die vorige een gehad het, maar al 3 van ons het verskillend reageer. Christine, die adventurer, wat alles in die lewe met albei hande aanpak maar steeds gefokus bly. Bianca, die prentjie mens, wat elke oomblik wil inneem en vasvang. Mareli, die loud creative, wat laggend als geniet. Dis eintlik so mooi hoe ons verskillende persoonlikhede op so dag uitkom. So verskillend, maar tog vul ons mekaar aan. Die dag was rerig ‘n onvergeetlike dag.

Alhoewel ek verseker weer sal gaan en verseker vir kêrel sal wil oortuig om dit tog te probeer, is ek sooooo bly en dankbaar ek kon hierdie ervaring saam met Christine en Bianca deel. Hulle is al vir soveel jare deel van my menswees, en om enige iets saam met hulle te doen is altyd spesiaal.

Tot volgende keer met die volgende uitdaging.
Mapstieks groete xx

Dankie aan Canapy Tours vir die amazing ervaring.
Dankie aan Christine en Bianca dat julle dit saam met my gedoen het.
Dankie aan beide van jullet twee wat gesorg het vir fotos, asook Canapy Tours wat foto pakkette beskikbaar het.
Dankie Jaco dat jy vir Pietr die dag vermaak het en actually gekry het om vis te vang.
Dankie my kêrel dat jy my toelaat om sulke goed te doen, en ook te luister oor hoeveel keer ek jou probeer oortuig om my te join.

Gaan loer gerus om Canapy Tours se Website vir meer inligitng.

Leer hoe om ‘n wiel om te ruil

30 VOOR 30, Leer hoe om 'n wiel om te ruil

Ek het nog altyd gewonder hoe weet mens, nee dis nie die weet van ek het die regte persoon gevind weet nie, ek praat van wanneer weet mens jy het ‘n pap wiel. Wel ek weet van drie maniere. 1. Jy sien die pap wiel. 2. Jy hoor die pap wiel. 3. Jy voel die pap wiel. So ja, as jou sintuie in plek is, dan weet jy.

Mens hoor so baie van mense, veral meisies wat sê haar pa het gesê voor sy ‘n kar mag kry, moet sy eers leer hoe om ‘n pap wiel om te ruil. Ek dink verseker dis ‘n reël wat my pa ook sou maak, maar ongelukkig was ek nog nie eers naby kar bestuur toe my pa oorlede is nie.

Ek leer toe bestuur en sonder om daaraan te dink het ek nooit geleer nie, net omdat ek nie daaraan gedink het nie en for some reason gedink het dit is nie rerig nodig nie. Hoe baie kry mens nou ‘n pap wiel en as ek een kry, deal ek daarmee op die oomblik.

My ouma het net nou die dag vir my gesê dat sy in die 92jaar van lewe nog nooit ‘n pap wiel moes ruil nie, dalk is ek ook so gelukkig. Toe nou nie, ek onthou die eerste keer toe ek by my kar kom, dit was by die universiteit en daar kom ek na klas op die pap wiel af. Oh vrek … nou moet ek daarmee deal. Wag die garage is naby, iemand sal my daar kan help. Ja ek het met ‘n pap wiel gery, mamma gebel en laat weet ek is oky, die mense hier help my mooi. Ek het duidelik ook nie geweet dat jou rim kan beskadig as jy met ‘n pap wiel ry nie. Gelukkig het dit ook nie.

Dit raak toe nou een van daai dinge, “Eendag wil ek leer hoe om ‘n wiel om te ruil”. Ek is seker as ek in ‘n situasie waar die garage nie naby is nie en ek eenvoudig dit net moes doen, sou ek dit kon regkry. Let wel, ek sou sukkel.

Ek is op ‘n stadium toe verlief op ‘n goeie vriend, soveel so dat ek al soos ‘n kind in hulle huis gevoel het en sy pa my sou leer hoe om ‘n wiel te ruil. Die vriendskap, of die verliefheid het nie van albei kante af gekom nie, die vriendskap het doodgeloop en so het hy of sy pa my toe nou nie geleer hoe om die verdomde wiel te ruil nie.

Toemaar ons deal daarmee, maar ongelukkig het die pap wiele ook nie soos die vriendskap doodgeloop nie.

Ek ry op ‘n dag terug huis toe nadat ek ‘n bruid vir haar mooi dag grimeer het en ek raak ewe skielik bewus van hierdie “chopper” bo my, of nee ek hoor hierdie “Chopper”. Heel obvious soek ek en sien net mooi niks. Die chopper se geluid het toe later my kar se vibrasie ook aangestas. Dis toe nou waar ek weet. Die chopper se geluid is my pap wiel teen die teer. Ek het sopas verby ‘n plakkerskamp gery en my gedagtes flits terug na die nuus van ‘n paar weke gelede van mense wat langs die pad vermoor is omdat hulle gaan staan het sonder brandstof. Hierdie is NIE die tyd om te stop en jou foon uit te haal, te Google en vandag te leer hoe om ‘n pap wiel te ruil nie.

911 – Bel vir mammie (kêrel is weg op ‘n hokkietoer). Benoude boude en stem: “Mam, ek het ‘n pap wiel, maar ek kan nie nou stop nie, hoe erg is dit as ek met die pap wiel ry”. Na mamma toe met broeder gesels het, is die verdict, ry stadig na die naaste vulstasie, ons kan die rim vervang maar nie ‘n lewe nie. Daar ry ek toe nou my band in sy moer in, maar dis seker die minste want hier is ek om die storie te vertel en die rim was fine. Kan julle glo!? Dankie tog vir petroljoggies wat weereens baie mooi en vriendelik gehelp het, want nogsteeds weet Mareli nie hoe nie.

Ek begin toe die 30 voor 30 journey en ek dink nie eers aan “Kom ons leer om ‘n wiel te ruil” nie. Ek het eers later dit as nog ‘n uitdaging bygesit. So hier is ek, ek het nou uiteindelik geleer, nadat ek weer my deadline van die 27ste gemis en ek blog oor iets wat nie eers op my lysie is nie, maar weet jy wat – whatever! Ek post at least nogsteeds en ek sal net op ‘n volgende maand 2 blog posts doen.

Sidenote: Hierdie “I don’t really care houding” het sekerlik glad nie iets met die feit te doen dat ek op die oomblik besig is om “The subtle art of not giving a fuck” te lees nie. (As jy dit gemis het, ek is nou sarkasties) en by the way, working on my 30 boeke wat ek moet lees! Anyway lets go on. Soja, eks basies nou besig met my 31 voor 30 uitdaging, ‘n volgende maand post ek maar 2 dinge.

Om toe nou eventually te leer hoe om ‘n wiel om te ruil, het toe nou eintlik vanself gebeur, of ek was semi gedwing om dit te doen. Ons hou lekker Desember vakansie, al was ons Jan-tuisbly, maar lekker gekuier saam met familie wat van oorsee af kom. Die dag ry ons Voortrekker monument toe en ek sê vir kêrel, ons moet na my band kyk ek voel en hoor ‘n chopper wat aan die kom is. Ons is nog veilig, dis darem net ‘n slow puncture. So ry ons vir ‘n paar dae nie met my kar nie en toe ons weer sien, het die chopper platgesak. Die wiel is pap. In dieselfde week sak daar ‘n chopper op kêrel se band ook neer, dieselfde kant, dieselfde wiel (so lief is ons blykbaar vir mekaar dat ons selfde bande pap is) en kêrel sê dis nou ‘n goeie tyd om te leer. Nou ja, sy band is geruil, hy sal my lei deur myne.

  1. Kar moet in rat wees.
  2. Skroef die boute op die wiel in ‘n sterformasie klien bietjie los. Hierdie is nie maklik nie. Ek moes wel op die “lever” (wat die boute losdraai) gaan staan om dit los te kry.
  3. Jack die kar op. Daar is ‘n hakkie naby die wiel waar die Jack inpas. Die wiel moet ‘n klein bietjie van die grond af gelig wees.
  4. Sit die spaarwiel onder die kar, sodat as daar iets met die Jack gebeur, jou wiel nie beskadig van die impak nie.
  5. Maak die boute verder in die sterformasie los sodat die wiel kan afkom.
  6. Haal die wiel af… Duh
  7. Sit die spaarwiel op, hy het nog laas onder die kar gelê.
  8. Maak die boute weer in ‘n sterformasie vas, net sodat die wiel in plek kan bly.
  9. Jack die kar af.
  10. Maak die boute stywer vas, sodat iemand weer op die lewer moet staan om dit los te kry.
  11. Sit jou wieldop op.
  12. Bere jou pap wiel en vat dit na professionals toe.
  • Hierdie is nie so maklik soos die stappe lyk nie.
  • Indien jy makeup opgehad het voor jy dit gedoen het, gaan jy nie meer makeup aanhê na jy dit gedoen het nie.
  • Jy gaan sweet.
  • Jy gaan warm kry.
  • Jy gaan sukkel en soos ‘n idioot voel en heel waarskynlik soos een lyk ook.
  • Jy gaan moontlik agterkom jy is nie so sterk soos wat jy gedink het nie.
  • Jy gaan vuil aan die ander kant uitkom.
  • Jy gaan dit regkry en baie trots wees op jouself, want jy gaan die volgende keer presies weet wat om te doen

Daar leer ek toe uiteindelik hoe om die verdomde wiel te ruil. Na choppers en Voortrekker Monument uitstappies, hoop ek rerig nie ek hoef dit gou weer te doen nie, maar eks baie bly ek weet nou hoe.

Dankie kêrel vir jou hulp en natuurlik weer foto’s neem terwyl jy van die kant af beduie het.

Tot die volgende uitdaging.
XX


Macrame

30 VOOR 30, Doen Macrame

“Crafting fills my life … and my kitchen table, closets, bedroom, living room…”

“A girl and a glue gun”

Macrame was so deel van ons almal se lewe sonder dat ons dit eintlik agtergekom het. Dit is een van daai dinge, soos vinyls, wat ons generasie oor mal is, net om te hoor hoe jou ma vir jou sê: “Dit was hoogmode in ons dae”. Dit is dan wanneer jy onthou van die snaakse tou goed wat in jou ma se badkamer gehang het, of die lampskerm in die sitkamer wat met tou versier is.

Dankie ma, hierdie is maar net nog iets wat so cool was in julle tyd, maar let wel, wat later as kommin gesien is, uitgefade het en nou weer herondek is. Dit laat my dink aan hoe baie dinge ons generasie weer van voor af ontdek en ‘n liefde voor kry.

Macrame het baie lank voor ons ouers dit in hulle huise gebruik het begin. ‘n Oulike “Meisiekind” waaroor ek julle netnou meer gaan vertel, het vir my bietjie van ‘n Macrame agtergrond gegee. Ek dink min mense weet dat Macrame eintlik heel eenvoudig is en dat almal wat al met ‘n tou gewerk het en ‘n knoop gemaak het, al ‘n stukkie Macrame gedoen het. Gedurende die 13de eeu het Arabiere die knope gebruik as versiering en as afwerking vir hulle “hand-woven textiles”. Dit is gewoonlik gebruik as matte/komberse wat hulle oor die kamele gegooi het en daarop gereis het. Die “Sailors” het die kuns aan die gang gehou, waar hulle moes knope maak om hulle seile te hys en stewig te hou. Die “Sailors” het dan ook Macrame kuns gemaak as tydsverdryf en dan op land verkoop. So het Macrame meer lande en kulture bereik.

Ek het nie baie van Macrame geweet voor my 30-voor-30 uitdaging nie. Ek moet eerlik sê dit was iets wat ek iewers raakgesien of raakgelees het en besluit het, dit wil ek doen. Macrame kom toe op my lys en toe eers gaan doen ek bietjie navorsing daaroor.

Wow, hoekom het ek nie lankal hierdie probeer nie? Dit lyk amazing, ek wil nou alles Macrame! Ek het toe ook meer begin oplet oor hoe groot trend Macrame is en hoe dit in alledaagse dinge voorkom. Oorbelle, tafeldoeke se randjies, serpe, sleutelhouers, armbande ens. Ek dink ek het ‘n nuwe “craft” liefde gevind.

Oky maar waar begin ek knoop…???

Google is your friend en ek glo mens kan enige ding op Youtube leer. Ek gaan snuffel toe so bietjie rond, kom op ‘n oulike paar websites en Youtube videos af wat my verseker genoeg sal kan leer van die kunsvorm.

Ek soek toe op die internet rond waar ek Macrame koord kan koop en vind toe ‘n baie oulike website “Meisiekind“, wat nie net Macrame koord en kuns verkoop nie, maar hiedie “Meisiekind” doen werkswinkels. Dadelik stuur ek ‘n enquiry want hoekom wil ek hierdie uitdaging alleen aanpak as ek dit saam met ‘n paar vriendinne kan doen.
Meisiekind doen toe workshops en ek bespreek haar vir ‘n dag waar ek ‘n paar vriendinne die kuns van Macrame kan leer.

Nou ja, ek glo nie in toeval nie en ek glo ook dat daar ‘n rede is dat ek op Meisiekind se website afgekom het. Ek en sy het sommer dadelik lekker gesels en glo en hoop ons paadjie gaan nie eindig by die workshop wat sy kom aanbied het nie. Sy is baie lieflike mens, met ‘n mooi hart. Haar storie is amazing en baie inspirerend. Dan natuurlik knoop sy baie mooi. Gaan loer gerus en book haar vir ‘n workshop of troue!!

So doen ons toe die workshop en ek love elke oomblik daarvan. Ons het ‘n verskeidenheid van knope geleer en ‘n paar van ons het Muurkuns gemaak waar die ander Planters gemaak het. Almal sin het baie mooi uitgekom. Dit was nie so moeilik soos wat ek gedink het nie en verseker baie relaxing. Ek het wel nie gedink dat mens se arms kan so moeg raak nie, maar mens raak gou gewoond daaraan. Moet ook nie dink jy gaan dit doen en dit gaan perfek uitkom nie – daar gaan verseker ‘n paar keer wees wat jy jou werk moet lostrek en weer begin. Op die ou end is jy bly want dit maak ‘n groot verskil in die eindproduk.

Die Makrame gier het nie daar gestop nie en ek het daarna weer terug gegaan na die websites en Youtube videos en verder geknoop.

Ek het nog nie naasteby al die knope en dinge geleer wat daar is nie, ek is seker dit sal ‘n 30 maande uitdaging op sy eie kan wees, maar ek moet eerlik sê ek is verseker nog nie klaar met Macrame nie.

Vir nou gaan ek verder knoop en die volgende uitdaging aanpak.
Tot volgende keer

Bye!

Dankie weereens aan my liewe kêrel vir die fotos
Dankie Charlotte van Meisiekind dat jy jou liefde vir die kuns en storie met ons kom deel het
Dankie Christine, Bianca, Corné, Andrea en Juanita dat julle die uitdaging saam met my gedoen het en gedeel het in die pret

Skuimpies, Fudge & Honeycomb

30 VOOR 30, Skuimpies, Fudge en Honeycomb

“When life throws you lemons, make lemon Meringue pie”

‘n Cheesy quote deur iemand wie se naam nie by die quote op die internet gestaan het nie.

Skuimpies

Die De Vosse was nog altyd daar. Vandat ek kan onthou, ken ons die De Vosse. Hulle was maar nog altyd deel van ons grootwordjare.

Voor ek en my boetie self al spikkels in my ouers se oë was, het my ma hulle na Centurion verhuis en ook by ‘n nuwe kerk ingeskakel. Omtrent dieselfde tyd, word die nuwe predikantspaar in die gemeente verwelkom en so ontmoet hulle vir Ds Daniël de Vos en sy vrou, Pat en raak bevriend met hulle. Al die kinders word intussen gebore en ons kuier oor en weer. Dit is die De Vosse, dominee Daniël, sy vrou tannie Pat en kinders, Hugo en Helen. Ek het vir Ds Daniël wel nooit rerig as die dominee gesien nie, nie dat hy nie ‘n goeie dominee is nie, maar omdat hy ‘n allerdaagse mens is. Hulle was ons huisvriende, ons tipe mense en dis hoe ek hulle geken het, as oom Daniël wat toevallig elke 2de Sondag voor in die kerk staan, tannie Pat, ek was nooit seker watse werk sy gedoen het nie en dan ons maatjies.

So het ons saam met hulle kinders groot geword en oor en weer gekuier. Met een van hulle se verjaarsdae was daar altyd ‘n saamkuier by hulle huis. Ek onthou deel van die verjaarsdag versnapperings was daar ‘n bakkie met die lekkerste skuimpies wat ek al ooit in my lewe geëet het. Ek het gedink net hulle huis kan hierdie magical skuimpies maak. Ek het altyd so uitgesien na die skuimpies wanneer ons genooi was vir ‘n verjaarsdag. Daar was nie ‘n winkel wat sulke lekker skuimpies kon maak nie. Nie dat my ma nie kan bak en brou nie, maar ons het net nooit skuimpies gemaak nie, vir geen spesifieke rede nie.

Soos ek ouer geword het en meer van kos maak en bak begin hou het, was skuimpies maar nog altyd iets “wat ek nog eendag wou maak”. Tyrone, ‘n vriend wat ook bekend staan as ‘n sjef, het dadelik sy skuimpieresep met my gedeel toe ek die 30 voor 30 uitdaging aangepak het, maar iewers het my kleindogtertjie herinnering ingeskop en wou ek daardie skuimpies wat net in die De Vosse se huis gemaak kan word maak, ook probeer. Come what may, ek wil daai magical skuimpies maak.

Dit draai toe uit dat hierdie magical skuimpies eintlik ‘n Sarie resep van 1998 is, whatever, dit is die De Vosse se skuimpies.

So maak ek toe hierdie skuimpies en net omdat ek so vrek baie van skuimpies hou het ek nie eers 2 keer gedink om Tyrone se resep ook te probeer nie. Hoe meer hoe beter!!

Natuurlik het ek weer ‘n paar goedjies agtergekom in die hele proses van skuimpies maak:

  • Skuimpies is nie so moeilik soos wat ek gedink het nie.
  • Die weer kan actually ‘n invloed op die skuimpies hê.
  • Maak seker jou bakke is silwerskoon. Tyrone se raad, vee die bakke met bietjie suurlemoensap uit om te verseker dit is skoon.
  • Mareli het paranoid geraak alles met suurlemoensap skoongemaak.
  • Dis interessant hoe daar verskillende resepte vir 1 ding is en die baktyd en temperatuur van die oond met die verskillende resepte verskil.
  • Daar kom op die ou end nogsteeds skuimpies uit, maak nie saak watse resep jy volg nie, jy kry nogsteeds ‘n skuimpie.
  • Die baktyd van die skuimpies is nie standaard vas nie, as jy wil hê jou skuimpie moet meer hard as taai in die middel wees, laat die skuimpie langer bak.
  • Indien jy nie ‘n spuitsak het nie, werk ‘n ziplock sakkie net so goed as jy die hoek afsny.
  • ‘n Spuitsak werk op die ou end baie beter en het ‘n mooier effek.
  • Volgende sal ek maar ‘n Pavlova moet aanpak, as ek die basis nou kan maak, hoekom nie die hele poeding nie.
  • As Mareli eers begin skuimpies eet, is daar nie sommer ophou nie.

Fudge

Ek het nie rerig ‘n baie exciting storie as dit by fudge kom nie en ek is verseker nie so lief vir fudge soos wat ek vir skuimpies is nie, maar dit was iets wat ek nog nooit gemaak het nie en ook nie iets wat ons sommer in die huis gemaak het nie.

Nee soos ek al vroeër gesê het, my ma is verseker nie lui nie as dit by kosmaak of bak of quite frankly enige-iets kom nie en dis ook nie asof sy in die huis gebak het nie, maar as daar gebak was, was dit cupcakes, haar lekkerste wit oondpankoek, flapjacks, chocolate brownies en rice crispies koekies. Het ek ook al gesê my ma maak die LEKKERSTE beskuit in die wêreld! (Message my vir bestellings, no jokes!)

In elk geval, ons het baie lekker dinge gemaak in die huis, maar fudge was net nie een van dit nie. Ek verstaan nou hoekom. Oh my, wat ‘n proses en blykbaar as jy fudge maak is dit nogal algemeen dat jou fudge kan flop. So vra ek toe nou maar rond vir ‘n paar resepte en onthou met my Au pair dae dat die kinders se ouma die lekkerste fudge ooit gemaak het. Kry toe die resep en hoor ek moet vir 3 ure roer!! 3 ure, jy joke seker, ek wil in daai tyd fudge, skuimpies en nog iets maak. Ons sal ‘n ander resep moet volg. Toe is daar ‘n baie vinnig en maklike resep wat mens in die mikrogolfoond kon maak, dit kan werk, maar ek voel toe dis so half ‘n maklike cheat manier. Ek het nog altyd die idee gekry dat mens fudge in ‘n pot op die stoof moet maak. So ons moet nog soek.

Tannie Doulina, my ma se sussie, gee toe vir ons ‘n baie lekker resep wat kondensmelk (eks klaar oortuig) inkry, wat op die stoof gemaak word en net 25 min geroer moet word. Nou dit kan ek doen. Baie interessant, dat jy die mengsel met ‘n eierspaan moet roer sodat die fudge nie vasbrand nie, wat natuurlik baie sin maak. So begin die proses. Smelt die botter en gouestroop, voeg kondensmelk en kookmelk by, meng die suiker en koekmeel (ja jy het reg gehoor koekmeel) en voeg by. Meng tot kookpunt en gooi kremetart by. 25 minute se kook later, tot by sagtebal effek, doen nog ‘n paar stappe en daar gooi ons toe die fudge in ‘n gesmeerde pan. Whala!!
Ons het fudge gemaak, kan dit so maklik wees… ek dink maar dit was meer ‘n kwessie van beginners luck. Volgens die proefkonyne of moet ek dalk eerder sê die proe-konyne, het dit perfek uitgekom. Soos my ma gesê het: “My kind, die eerste keer wat jy fudge gemaak het, het jy fudge gemaak.” Huh? Hahahahaha! Wat sê mamma!? Basies die eerste keer wat ek dit aangepak het, het ek dit reg gemaak sonder dat dit geflop het.

Natuurlik is mens maar bietjie hard op jouself en is daar nog ‘n titsel twyfel, maar daar gelaat die fudge was lekker.

Dit was vir my rerig interessant dat daar weereens ‘n paar resepte was wat elk verskillende bestandele en instruksies gehad het maar elkeen kom by fudge uit. Jy moet net kies hoe en watse pad jy wil volg.

*Sagtebal effek…

Ja daar bestaan so iets. Mens moet eintlik die bak termometer hê, maar indien jy nie het nie, kan jy ‘n balletjie van die mengsel in ‘n glas koue water gooi. As die mengsel oplos is die fudge nog nie reg nie, maar as dit in sy vorm bly, het die mengesel sy sagtebal effek bereik.

Honeycomb

Honeycomb… ook bekend as die binnekant van ‘n crunchie. Ek is nog altyd MAL oor ‘n crunchie en die harde geel toffie borreltjie besigheid binne in die sjokolade.

Ek kan nie rerig onthou wanneer ek besef het dat mens die crunchie gedeelte sonder die sjokolade kan koop en selfs kan maak nie. Ek onthou net dat ons met ons Matriekvakansie by Christine hulle, ‘n baie goeie vriendin van my, se vakansiehuis in Diaz gaan bly het. Daar was, is seker nogsteeds, ‘n Convenience Centre so 1 km van hulle huisie af, waar jy enige ding onder die son kan koop. Oky, seker nie so ekstreem nie, maar dit is een van daai tipiese vakansie oord winkeltjies wat swemklere, geskenke, groceries, ‘n koffie-shop, visvang toerusting, alles wat jy aan kan dink en moontlik nodig sal hê by die see, onder een dak verkoop. Daar het ek die een dag honeycomb in ‘n pakkie gesien en dadelik gekoop. Ek moes dit al vroeër in my lewe by ‘n markie gesien het, maar ek dink daai dag was die eerste keer wat ek dit actually vir myself gekoop en ‘n nuwe lewe vir my oopgegaan het. EK IS MAL DAAROOR!!!

So het ek iewers in my lewe besef, maar mens kan dit maak, en eendag gaan Mareli dit nog self maak. Hoe moeilik kan dit nou wees…

Hierdie is nogal ‘n lang proses wat my geduld baie getoets het, maar wat blykbaar baie belangrik is. Die stroop/heuning moet saam met die strooisuiker op ‘n lae temperatuur smelt en dan kookpunt bereik van 149° C. Dit vat laaaaank! Dan gooi jy die koeksoda by en die proses gaaan BAIE vinniger en als moet so gou as moontlik gemeng in ‘n bak gegooi word.

Hahaha, Mareli dit is nie so eenvoudig soos wat jy dink nie.
3 Resepte later, 2 probeerslae en te min bestandele aan die einde van die maand om nog ‘n slag te probeer, het ek besluit dis verseker nie so maklik soos ek gedink het nie.

Die Honeycomb was eetbaar en was lekker, maar ek is verseker nie tevrede met hoe dit uitgekom het nie en sal nog aanhou oefen tot ek dit regkry.

Klapperys

Klapperys was nie deel van die oorspronklike plan nie omdat ek al vroeër in my lewe klapperys gemaak het. Met die hele uitdaging van skuimpies, fudge en honeycomb en my kêrel se vreemde giere van nie fudge of skuimpies eet nie, het ek half skuldig gevoel dat ek vir almal lekker dinge maak, maar 2 derdes van wat ek maak, eet hy nie. Hy het nou al ‘n rukkie aan my ge’nag’ om vir hom klapperys te maak. Omdat dit ‘n resep is wat so maklik en vinnig is en die bestandele reeds in ons huis is, het ek besluit om toe nou, net daar, die klapperys ook te maak.

Ek was vas oortuig om die tradisionele wit en pienk klapperys te maak, maar ek het die volgende besef.
Om kleursel te meng by die eindproduk is bietjie moeilik. Kleur eerder jou kondensmelk.
As jy 2 kleure wil maak, moenie probeer om al die bestandele te halveer sodat jy die helfte kan kleur nie, maak eerder die resep 2 keer aan en kleur die een mengsel.

Klapperys is gemaak en toe ook eerste opgeeët. Ek het ook iets nuut van my kerêl geleer, die man hou baie van klapperys, maar glad nie van skuimpies en fudge nie.

Hierdie hele proses het my baie laat dink aan wat ‘n goeie vriendin, Ciska, vir my gesê het.
Veronderstel ons albei wil ‘n marathon hardloop. Ek glo ek moet Brand X tekkies dra en 4 keer ‘n week oefen. Sy glo jy moet Y tekkies dra en elke dag van die week oefen. Ons albei se eindoel is dieselfde maar ons voorbereiding is verskillend. Punt is ons gaan altwee die wedloop voltooi en albei se maniere was reg. So het mens klomp resepte vir dieselfde ding, maar hoe om dit te maak gaan verskil, hoe dit dalk gaan smaak gaan ook verskil, maar ons albei het fudge gemaak.

Na ‘n baie soet en lekker maand het ek besluit ek sal defnitief weer van als maak, maar vir eers moet die volgende uitdaging gebeur.

Tot die volgende uitdaging.
My Mapstieks XX

Dankie vir die resepte:
Oom Daniël (a.k.a Sarie 1998) se skuimpies
Tyrone se skuimpies
Tannie Doulina se fudge
Honeycomb wat ons iewers op die internet gekry het
Christine se klapperys

Dankie vir die fotos my liewe moeder en natuurlik my kêrel ook.

Tyrone se skuimpies

Skuimpies, Fudge en Honeycomb

Ingredients
100g Egg whites
100g Caster suger
100g Icing suger
15g Corn Flour

Metode
1. Prepare trays with greaseproof paper and stencil rings
2. Whip the egg whites until medium peak forms then slowly add the castor sugar and make a stiff meringue
3. Sift the icing sugar and corn flour together and fold into meringue
4. Pipe into nests
5. Set the oven at 50°C for one hour. Cool the meringues in a wire rack for 30 minutes and store in an airtight container
6. Serve piped full with Chantilly cream and garnished with fresh summer fruits

Oom Daniël (a.k.a Sarie 1998) se skuimpies

Skuimpies, Fudge en Honeycomb

Bestandele
4 ekstra groot eierwitte
1 ml kremetart
240 g (285 ml) strooisuiker
2,5 ml vanieljegeursel

Metode
1. Voorverhit oond tot 100 grade C.
2. Voer twee bakplate uit met bakpapier.
3. Klits eierwitte tot net skuimerig. Voeg kremetart by, dit stabiliseer eierwitte. 
4. Klits verder totdat stywe punte vorm, maar die eierwitte nie droog is ne.
5. Voeg sowat 50 ml strooisuiker by en klits verder. 
6. Klits daarna 50 ml strooisuiker op ‘n keer by eierwitte totdat al die suiker bygevoeg is en eierwitte glansend vertoon.
7. Klits vanieljegeursel by.
8. Vorm skuimpies met 2 teelepels op bereide bakplate. 
9. Vir ‘n meer professionel afronding kan die mengsel ook in ‘n spuitsak, met ‘n nr 6 spuitkop van jou keuse geplaas en daarmee gevorm word.
10. Bak vir 2 – 2 ½ uur of tot heeltemal droog.

Bestandele
160 g Botter
60 ml Gouestroop
1 Groot blik kondensmelk
1 Kondensmelkblik met kookmelk
6 X 250 ml suiker
250 ml koekmeel
2 ml kremetart
5 ml vanieljegeursel

Metode
1. Smelt die botter en gouestroop saam in ‘n groot dikboomkastrol oor lae hitte.
2. Voeg die kondensmelk en kookmelk by en meng.
3. Meng die suiker en koekmeel goed saam, voeg dit by die melkmengsel en meng deeglik.
4. Roer die mengsel tot voor kookpunt aanhoudend met ‘n eierspaan om te verhoed dat dide boom van die pot aanbrand. Voeg die kremetart by sodra dit kook.
5. Kook die mengsel sowat 25 tot 30 minute lank oor lae hiite (tot die sagtebal-stadium) en roer aanhoudend met ‘n eierspaan om te verhoed dat dit aanbrand.
6. Haal die mengsel van die stoof af en roer die vanieljegeursel by. Klop dit met ‘n houtlepe totdat dit begin styf word.
7. Gooi die fudge in ‘n gesmeerde bakplaat. Sny in blokkies voordat dit heeltemal hard is (na omtrent 1 uur).
8. Laat die fudge heeltemal koud word en set in die pan voordat jy dit uithaal (na sowat 4uur).

Uncategorized

Maak klere op die regte manier

30 VOOR 30

As ek aan naalwerk dink kan ek nie help om terug te delf in my kinderjare nie.
Soos wat mens by my ouma se huis, wat net ‘n kilometer van ons af was, ingestap het, is dit asof jy die naaldwerk geruik het. Ek hoor nou nog die klanke van die masjiene wat haar huis elke dag gevul het.

Ek en my boetie was baie gelukkig om nie na ‘n naskool te moes gaan nie. Ons was baie geseënd dat my ouma so naby ons gebly het, dat sy in die middae na ons kon kyk. My ouma se werk was om verstellings aan klere te maak, of soos die 5 jaar oue Mareli sou sê, om ander tannies se stukkende klere reg te maak of om die vet tannies wat maer word se klere kleiner te maak. 

Soos ek en my boetie na skool op die mat met die klein stukkies afval garing en materiaal gespeel het, was tannie Bettie en tannie Anna ook deel van ons dag. Hulle was ouma se helpers. Elkeen soms op haar eie masjien en die getjir trjir van die masjiene het deel geword van ons lewe. So het ons vakansie ook by ouma se huis deurgebring en saam met die niggies en nefies wat van die plaas af kom kuier het, het ons gedurig vermaak gevind in Ouma se boks met afval lap. Ons het die lappe gebruik, natuurlik om huisies te bou soos dit in enige kind se wese is en dan ook om onsself te drapeer vir klere.


Ek dink my liefde vir naaldwerk moes daar al begin het. Ouma het ons leer stik op haar masjien, maar ons kon nie die masjien voetjie trap nie, ander shjirtz die lap weg en jy stik skeef. Ons het maar die wiel langs die kant gedraai, stukkie vir stukkie, het ek en boetie vir onsself Bybelsakkies gemaak. My hele eerste naaldwerk stuk. 

Daarna het ‘n paar klein handsakkies gevolg. Ek het selfs op ‘n stadium gedink om in my vrye tyd meer handsakke te maak en dit te begin verkoop, by Mr Price nogal. Die onskuld van ‘n kind, my handsakke het nie great gelyk nie!

Soos ek nou maar ‘n creative soul is, raak ek ook maar baie maklik en vinnig verveeld.
My arme poppe het deurgeloop en die klere wat hulle gehad het, was ook net vir so lank exciting. Ek het op ‘n dag besluit die Barbies moet NOU nuwe klere kry. Ou sokkies wat hulle maats verloor het was perfek. Ek het die arme ou sokkies nuwe lewe gegee en dit in popklere omskep. Dit het my absoluut niks gekos nie en niemand het omgegee dat ek die verlore sokkies gebruik het nie.

So het Mareli se kunstalent ontwikkel en enige iets kreatief het haar aandag getrek. Ek het saam in materiaal winkels gaan rondloop en die mooi lap gesien wat altyd in my gedagtes in iets moois omskep kan word. Oud genoeg om self materiaal winkel toe te gaan, het ek die mooi blou en wit blokkies materiaal met rooi cherries gaan koop, ‘n patroon gekry en self die ding begin maak. Hoe moeilik kan dit nou wees!
Uhm, toe nou nie so maklik soos wat ek gedink het nie. Alhoewel ek die rokkie nogsteeds het en al baie gedra het, is dit nou nie een van daai rokkies wat mens geld voor kan vra nie, vir die eenvoudige rede dat hy nie op die regte manier  gemaak is nie. Op die oog af lyk hy fine, maar soos my ouma altyd gesê het “dit was nou ‘n hoereerdery”! Ja my ouma!! Basies, jy is besig om kortpaaie te gebruik, die ding is GLAD nie reg volgens patroon nie, jy het dit gekonkel, maar jy het hom maak werk, op die verkeerde gekonkelde / hoereerder / kortpad manier!!

Dit het my nie gekeer om nog klere te wil maak nie en ek het ook ‘n paar keer daarna nog klere gemaak, nog steeds nie op die regte manier nie, met ‘n “hoereerdery’ maar dis gedoen. My tannie, wat op ‘n stadium vir ‘n boutique klere gemaak het, het ek altyd gekry om my “hoereerdery” te help fix. Shame, sy het ook maar elke keer met geduld gehelp, maar aanhou sê ons moet eendag vir my ‘n patroon en lap gaan koop dan maak ons dit stap vir stap reg van die begin af. Volgende keer wat ek weer ‘n stuk lap wat ek ‘n rokkie noem by haar aanbring, het sy maar net weer gesê ons moet ‘n patroon en lap gaan koop.

Met die 30 voor 30 uitdaging, het die geleentheid sommer vanself opgeduik, ons moet klere maak, op die REGTE manier. Dadelik dink ek aan die Dungaree waarvan ek die patroon nou al ‘n hele rukkie het, maar nog nie gemaak het nie, want ek wil dit reg doen. Ons gaan materiaal winkel toe, besluit om ‘n rokkie en romp ook te maak, want hoekom wil ek nou net 1 ding maak, as ek 3 kan maak!!

Ek was vas oortuig hierdie gaan maklik en vinnig wees, ek gaan dit in ‘n naweek gedoen kry. Hahahaha!! Eye opener ahead, 3 items gaan NIE in ‘n naweek klaar wees nie! Ek het verseker onderskat watse harde werk en hoeveel tyd in naaldwerk ingaan. Daar is verseker items wat makliker en vinniger is, maar daar is ook bietjie moeilike patrone en dan kry mens vir Mareli wat ‘n patroon weer wil verander soos die prentjie in haar kop.

Ek het wel nie die 3 items klaar gekry soos ek gehoop het nie en toe die tyd aangebreek het om my blog op die 27ste Okt te moet post, het ek 1 en ‘n halwe item gehad. Met ‘n 70ste en 27ste verjaarsdag wat elk afsonderlike naweke opgeneem het en die ander naweek ‘n doop, het ek verseker nie by die ander 1 en ‘n halwe item uitgekom nie. Ek het een crazy maand gekies om hierdie eenvoudige uitdaging te voltooi.

Sondag, 27 Okt breek toe aan en ek is op een groot wiplank, wat moet ek doen? Post ek oor dit wat ek gemaak het en is dan teleurgesteld in myself omdat ek nie die 3 items, waarvan 1 die Dungaree is wat ek die graagste wou maak, klaar gemaak het nie of moet ek net besluit, nee ek compromise nie en ek vat nog ‘n week of so en maak als klaar. Die besluit is seker maar vanselfsprekend siende dat dit nou al die 10de Nov is en ek nou eers die post maak.  

Ek het wel weer ‘n paar dingetjie geleer in hierdie hele proses:  

  • Ek het net weer agtergekom dat ek baie hard op myself is. Wanneer ek my kop op iets sit, wil ek dit perfek doen. Dit is nie noodwendig ‘n slegte ding nie, maar ek het net besef dat ek net bietjie moet chill en nie altyd als perfek gaan kan doen nie.
  • Ek twyfel in myself en of dit wat ek gemaak het mooi is. 
  • Ek het confirmation nodig. Sodra ek die romp of rok of whatever gemaak het, het ek nodig om te hoor dit lyk mooi.
  • Moenie ‘n verwagting skep van reaksies wat jy wil hê nie en dan kwaad wees as jy nie daardie reaksie gekry het nie. Jy gaan jouself net teleurstel en dan konflik veroorsaak. Hierdie is iets waaraan ek baie hard werk om nie te doen nie. 
  • Glo wat mense vir jou sê, as jou kerel vir jou sê die rokkie is mooi, glo hom en sê dankie! 
  • Mens kan nie almal altyd happy hou nie. Soms gaan jy moet vergeet van almal anders en eerder jouself happy hou en soms gaan jy terugstaan en iemand anders bo jouself sit. Altwee is meer as fine.
  • As jy besluit op iets en jy wil dit bereik, moenie compromise nie! Nooit nie, vir niemand nie! Dis oky om soms selfsugtig te wees.
  • Vra vir raad, luister daarna en maak dan jou besluit.
  • Wees dankbaar vir die mense in jou lewe wat jou ondersteun en sê dit vir hulle!
  • Naaldwerk is nie so maklik nie en ook nie so vinnig nie, maar ek het dit so baie geniet.
  • Sommige materiale moet eers gewas en in water geweek word voor jy iets daarmee kan maak anders krimp dit
  • Die patroon help BAIE!! Lees dit, lees dit weer en pas dit toe. 
  • Sny volgens die patroon se instruksies, dit help baie. 
  • Jy gaan foute maak, jy gaan op plekke stik en dan is dit verkeerd.
  • Jy gaan lostrek en vaswerk en weer lostrek en weer voor jy dit reg gestik het. 
  • Dis baie stresvol! Om ‘n idee in jou kop te hê en nie 100% seker te wees dat dit so gaan uitdraai nie, is stresvol! 
  • Geniet dit en wees trots op jouself.

Ek het die hele proses vreeslik baie geniet en weet dit gaan nie sommer hier stop nie. Wie weet dalk begin ek nog eendag ‘n klerereeks!! Wink wink…!
Vir nou eers gaan ek vinniger moet begin werk aan die volgende uitdaging om nie weer die 27ste se deadline te mis nie. ‘n Maand gaan baie vinniger as wat ek ooit gedink het.

My Mapstieks … ek sê nou totsiens!!

Dankie vir my liewe other mother (my tannie) vir al haar geduld en hulp! We did it!

Dankie weereens liewe kerel vir die fotos!!