Justine, jy met jou mooi hart en sagte persoonlikheid, sou vinnig empatie gehad het en ‘n traan moes afvee as jy gehoor het van die mamma wat 11 dae voor haar dogtertjie se 1ste verjaarsdag net nie wakker geword het nie.
Jy sou kwaad gewees het vir die lewe want hoekom gebeur slegte dinge met goeie mense. Hoekom is dit nodig dat mense in een week ‘n begrafnis en ‘n 1ste verjaarsdag moet hou?
Jy sou die seer gevoel het.
Hierdie tipe ding lees mens net van in die nuus of jy sien dit in flieks. ‘n Mamma wat skielik oorlede is en net die pappa en baba dogtertjie wat oorbly. Dit is half 2 dimensioneel, daar is net ‘n naam en ‘n foto, maar mens kan geen persoonlikheid daaraan koppel nie, geen geskiedenis of persoonlike verhouding nie. Dit voel net nie real nie, totdat dit met jou gebeur, sodra jy ‘n naam, persoonlikheid, geskiedenis, herinnering aan die persoon kan koppel word dit eers real. Dit voel vir my of ons ‘n fliek kyk, asof ons nou klaar gaan huil en julle gaan bel om te vertel van die vreeslike hartseer fliek wat ons gekyk het. Ons kan nie eers pause om tissues te kry en tee te maak nie, want die tissues en tee is al op. Ons moes al nuwes gaan koop. Die bure het al kos gebring, sy baas se vrou was die eerste tannie wat die famous lasagne gebring het en die huis is natuurlik vol blomme. Moet my nie verkeerd verstaan nie, mens is dankbaar vir hierdie mense en hul lasagne, want in daardie oomblik het jy glad nie ‘n eetlus nie, nevermind om nog te dink aan kos maak. Maar dit is nodig, mens moet aangaan. Die lewe moet ongelukkig aangaan.
Hier is ons, ongelukkig nie besig om ‘n fliek te kyk nie, ongelukkig kan ons nie van die nare droom wakker word nie. Ongelukkig gaan jy nie enige oomblik by die deur instap en ons almal vergesel met jou mooi glimlag nie. Ongelukkig het jy nie daardie oggend wakker geword nie. Daardie oggend wat ek dink nie een van ons sommer sal vergeet nie, veral hy. My hart bloei vir my boetie en julle dogtertjie en hoe hulle lewe die oggend van
10 Maart 2020 drasties verander het nie! Nooit sal ek ooit gehoop het my boetie moes my met daardie
verskriklike woorde gebel het nie.
Justine, hierdie maand dra ek op aan jou. Ek wil hê almal moet weet watse ongelooflike vrou jy was. Ja ons het mekaar so min gesien en ek is rerig jammer dat ons nie meer moeite gedoen het om by julle uit te kom nie. Ja ons way of doing was anders, ja ons was albei maar in ‘n manier moeilike mense, maar jy het my boetie lief gehad, jy het hom geleer wat liefde is. Jy het hom gelukkig gemaak. Jy was sy beste maatjie, sy vrou, sy bloomis. Jy het vir hom en ons ‘n stukkie van jouself agtergelaat en die mooiste klein Karla gegee!! Dankie dat jy vir hom ‘n rede gegee het om in hierdie vreeslike moeilike tyd aan te hou. Dankie vir wie jy was in ons en veral Bertus se lewe!! Dit was ‘n groot voorreg om jou vir ‘n rukkie deel van die familie te kon hê, jy sal altyd ons liewe Justine bly.
Justine hierdie huldeblyk is eg aan wie jy was!!
Justine jou plekkie is leeg! Ons mis jou lag, jou omgee, jou beautiful hart. Ons mis jou selfstandigheid, jou soms hardkoppigheid, maar tog jou deeglikheid van dinge doen. Ons mis die liewe Justine wat vir ons so lief was.
Ek belowe ons sal mooi na hulle kyk en van jou praat, vir Karla van jou vertel en jou menswees celebrate!
Ek is baie lief vir jou sussa en vir jou gaan ons bitter baie mis!!
Dankie M!! Ek het nodig gehad om dit te lees. Sterkte Vir Julle almal. Es
LikeLiked by 1 person
Soos mooi soos die eerste keer wat jy dit gelees het… Ek huil nou weer lekker…
LikeLike
So mooi geskryf Mareli. Ons dra vir Bertus en Karla in ons gebede.
LikeLike
Ek wens ek kan Bertus n moerse druk gee want hy is geweldig baie in my gedagtes. Ek weet nie hoe hy dit doen want ek so dit kwalik kon doen. Sterkte seuna en as jy af voel kom maar vir n “pakslae” soos in skooltyd met d Franse Rewolusie. 💪 Wees sterk ou maat
LikeLike