Leer hoe om 'n wiel om te ruil

30 VOOR 30, Leer hoe om 'n wiel om te ruil

Ek het nog altyd gewonder hoe weet mens, nee dis nie die weet van ek het die regte persoon gevind weet nie, ek praat van wanneer weet mens jy het ‘n pap wiel. Wel ek weet van drie maniere. 1. Jy sien die pap wiel. 2. Jy hoor die pap wiel. 3. Jy voel die pap wiel. So ja, as jou sintuie in plek is, dan weet jy.

Mens hoor so baie van mense, veral meisies wat sê haar pa het gesê voor sy ‘n kar mag kry, moet sy eers leer hoe om ‘n pap wiel om te ruil. Ek dink verseker dis ‘n reël wat my pa ook sou maak, maar ongelukkig was ek nog nie eers naby kar bestuur toe my pa oorlede is nie.

Ek leer toe bestuur en sonder om daaraan te dink het ek nooit geleer nie, net omdat ek nie daaraan gedink het nie en for some reason gedink het dit is nie rerig nodig nie. Hoe baie kry mens nou ‘n pap wiel en as ek een kry, deal ek daarmee op die oomblik.

My ouma het net nou die dag vir my gesê dat sy in die 92jaar van lewe nog nooit ‘n pap wiel moes ruil nie, dalk is ek ook so gelukkig. Toe nou nie, ek onthou die eerste keer toe ek by my kar kom, dit was by die universiteit en daar kom ek na klas op die pap wiel af. Oh vrek … nou moet ek daarmee deal. Wag die garage is naby, iemand sal my daar kan help. Ja ek het met ‘n pap wiel gery, mamma gebel en laat weet ek is oky, die mense hier help my mooi. Ek het duidelik ook nie geweet dat jou rim kan beskadig as jy met ‘n pap wiel ry nie. Gelukkig het dit ook nie.

Dit raak toe nou een van daai dinge, “Eendag wil ek leer hoe om ‘n wiel om te ruil”. Ek is seker as ek in ‘n situasie waar die garage nie naby is nie en ek eenvoudig dit net moes doen, sou ek dit kon regkry. Let wel, ek sou sukkel.

Ek is op ‘n stadium toe verlief op ‘n goeie vriend, soveel so dat ek al soos ‘n kind in hulle huis gevoel het en sy pa my sou leer hoe om ‘n wiel te ruil. Die vriendskap, of die verliefheid het nie van albei kante af gekom nie, die vriendskap het doodgeloop en so het hy of sy pa my toe nou nie geleer hoe om die verdomde wiel te ruil nie.

Toemaar ons deal daarmee, maar ongelukkig het die pap wiele ook nie soos die vriendskap doodgeloop nie.

Ek ry op ‘n dag terug huis toe nadat ek ‘n bruid vir haar mooi dag grimeer het en ek raak ewe skielik bewus van hierdie “chopper” bo my, of nee ek hoor hierdie “Chopper”. Heel obvious soek ek en sien net mooi niks. Die chopper se geluid het toe later my kar se vibrasie ook aangestas. Dis toe nou waar ek weet. Die chopper se geluid is my pap wiel teen die teer. Ek het sopas verby ‘n plakkerskamp gery en my gedagtes flits terug na die nuus van ‘n paar weke gelede van mense wat langs die pad vermoor is omdat hulle gaan staan het sonder brandstof. Hierdie is NIE die tyd om te stop en jou foon uit te haal, te Google en vandag te leer hoe om ‘n pap wiel te ruil nie.

911 – Bel vir mammie (kêrel is weg op ‘n hokkietoer). Benoude boude en stem: “Mam, ek het ‘n pap wiel, maar ek kan nie nou stop nie, hoe erg is dit as ek met die pap wiel ry”. Na mamma toe met broeder gesels het, is die verdict, ry stadig na die naaste vulstasie, ons kan die rim vervang maar nie ‘n lewe nie. Daar ry ek toe nou my band in sy moer in, maar dis seker die minste want hier is ek om die storie te vertel en die rim was fine. Kan julle glo!? Dankie tog vir petroljoggies wat weereens baie mooi en vriendelik gehelp het, want nogsteeds weet Mareli nie hoe nie.

Ek begin toe die 30 voor 30 journey en ek dink nie eers aan “Kom ons leer om ‘n wiel te ruil” nie. Ek het eers later dit as nog ‘n uitdaging bygesit. So hier is ek, ek het nou uiteindelik geleer, nadat ek weer my deadline van die 27ste gemis en ek blog oor iets wat nie eers op my lysie is nie, maar weet jy wat – whatever! Ek post at least nogsteeds en ek sal net op ‘n volgende maand 2 blog posts doen.

Sidenote: Hierdie “I don’t really care houding” het sekerlik glad nie iets met die feit te doen dat ek op die oomblik besig is om “The subtle art of not giving a fuck” te lees nie. (As jy dit gemis het, ek is nou sarkasties) en by the way, working on my 30 boeke wat ek moet lees! Anyway lets go on. Soja, eks basies nou besig met my 31 voor 30 uitdaging, ‘n volgende maand post ek maar 2 dinge.

Om toe nou eventually te leer hoe om ‘n wiel om te ruil, het toe nou eintlik vanself gebeur, of ek was semi gedwing om dit te doen. Ons hou lekker Desember vakansie, al was ons Jan-tuisbly, maar lekker gekuier saam met familie wat van oorsee af kom. Die dag ry ons Voortrekker monument toe en ek sê vir kêrel, ons moet na my band kyk ek voel en hoor ‘n chopper wat aan die kom is. Ons is nog veilig, dis darem net ‘n slow puncture. So ry ons vir ‘n paar dae nie met my kar nie en toe ons weer sien, het die chopper platgesak. Die wiel is pap. In dieselfde week sak daar ‘n chopper op kêrel se band ook neer, dieselfde kant, dieselfde wiel (so lief is ons blykbaar vir mekaar dat ons selfde bande pap is) en kêrel sê dis nou ‘n goeie tyd om te leer. Nou ja, sy band is geruil, hy sal my lei deur myne.

  1. Kar moet in rat wees.
  2. Skroef die boute op die wiel in ‘n sterformasie klien bietjie los. Hierdie is nie maklik nie. Ek moes wel op die “lever” (wat die boute losdraai) gaan staan om dit los te kry.
  3. Jack die kar op. Daar is ‘n hakkie naby die wiel waar die Jack inpas. Die wiel moet ‘n klein bietjie van die grond af gelig wees.
  4. Sit die spaarwiel onder die kar, sodat as daar iets met die Jack gebeur, jou wiel nie beskadig van die impak nie.
  5. Maak die boute verder in die sterformasie los sodat die wiel kan afkom.
  6. Haal die wiel af… Duh
  7. Sit die spaarwiel op, hy het nog laas onder die kar gelê.
  8. Maak die boute weer in ‘n sterformasie vas, net sodat die wiel in plek kan bly.
  9. Jack die kar af.
  10. Maak die boute stywer vas, sodat iemand weer op die lewer moet staan om dit los te kry.
  11. Sit jou wieldop op.
  12. Bere jou pap wiel en vat dit na professionals toe.
  • Hierdie is nie so maklik soos die stappe lyk nie.
  • Indien jy makeup opgehad het voor jy dit gedoen het, gaan jy nie meer makeup aanhê na jy dit gedoen het nie.
  • Jy gaan sweet.
  • Jy gaan warm kry.
  • Jy gaan sukkel en soos ‘n idioot voel en heel waarskynlik soos een lyk ook.
  • Jy gaan moontlik agterkom jy is nie so sterk soos wat jy gedink het nie.
  • Jy gaan vuil aan die ander kant uitkom.
  • Jy gaan dit regkry en baie trots wees op jouself, want jy gaan die volgende keer presies weet wat om te doen

Daar leer ek toe uiteindelik hoe om die verdomde wiel te ruil. Na choppers en Voortrekker Monument uitstappies, hoop ek rerig nie ek hoef dit gou weer te doen nie, maar eks baie bly ek weet nou hoe.

Dankie kêrel vir jou hulp en natuurlik weer foto’s neem terwyl jy van die kant af beduie het.

Tot die volgende uitdaging.
XX


6 thoughts on “Leer hoe om 'n wiel om te ruil

  1. My mápstieks Mareli!
    Uiteindelik weet jy hoe en ek hoop noudat jy weet, kry jy dit nie weer nodig nie!
    Jy het dit baie mooi geskryf.

    Like

  2. Die sexy dingetjie klim uit did piepklein teminsilinder karretjie, swaai haar heupies toe sy naderstap waar ek onder die reuse frangipani staan. Lyk nogal bemarkbaar. Toe klim hy ook uit. Arms soos beesboude, kakebeen wat ‘n quart bier sideways kan vat.

    Sy glimlag liefies, flikflooi en vra met ‘n engelsoet stemmetjie in Afrikaans, in Sea Point, of ek haar bae kan help om die Koreaanse katelkoetsie se wiel “te verander.” Alles en almal, va ratte tot politiek, word mos deesdae “verander.”

    Kakebeen met sy sterklykfrokkie kyk my smekend aan. Ek sien duidelik nie wat die noodwielnimfie raaksien nie.

    Toe gaan vervang die halfkruppel kieriegesteunde geriatrikus maar self die noodwiel.

    Ek het immers nie Boesmandrawings en paaldansers op my skouers geteken nie. En dis meer as Spaansriet wat op my bors groei.

    Volpunte vir jou wiel omruil, My Mapstieks, ek dink jy’s oukei. Oppas net vir trap op sielmoere met daai wielsleutel, Pa het die Audi s’n so vasgetrap dat die agente se pneumatiese gereedskap dit na 2 dae nie kon loskry nie. Toe bel hulle en vra hy moet kom losdraai.

    Ander keer het hy die groot ou Benz se wielboute (hulle werk anders) binne die naaf afgedraai.

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s