Bak ‘n brood

30 VOOR 30, Bak 'n brood

“The best thing since sliced bread….”

Die beste ding since sliced bread is… wel sliced bread!! Daar is darem maar baie min dinge so lekker soos ‘n warm stuk gesnyde brood met regte botter op, of kaas, of konfyt of quite frankly whatever jy op jou brood eet.

Brood bak was die een ding wat ek dadelik op my lys van 30 goed geskryf het. Ek hoef nie eers 2 keer daaroor gedink het nie. Ek kan net onthou dat ek al so baie gesê, eendag wil ek nog brood bak. Regte egte brood, nie piesangbrood of brood waar jy sommer die deeg by die winkel koop nie, nee ek wil brood bak, van scratch af, wat geknie moet word, laat rus om te rys, sag hanteer moet word en dan nog na dit uit die oond kom met botter gesmeer word. So toe ek die lys van 30 uitdagings vir myself opgestel het, was broodbak seker een van die eerste dinge, indien nie die heel eerste ding, wat sy plek op die lys gekry het.

Ek het wel gedink om ‘n brood te bak is baie moeiliker as wat ek dit toe nou op die ou end beleef het. Ek weet nie of ek net dalk nie die regte instense proses gevolg het nie en of dit dalk net rerig so eenvoudig was nie, maar hier sit ek en dink, pleks jy dit al lankal gedoen het. Ja ek sê nou nie, dat my brood perfek uitgekom het nie, inteendeel, ek dink ek gaan nog ‘n hele paar brode moet bak om heel tevrede met myself te wees. Maar brood bak het ek gebak, of laat ek eerder sê BRODE is daar gebak.

Ek het eendag iemand hoor sê dat as jy ‘n resep kan lees, kan jy bak en kosmaak. Hierdie “iemand” het wel nie gesê dat ‘n goeie resep deur baie liefde van die kok en lewenservaring aangepas word nie. Nee daai stukkie moet jy maar self uitfigure soos jy weer en weer die resep aanpak en probeer. Gelukkig het ek toe nou my 91 jarige ouma aan my kant om te help met hierdie hele brood bak ekspidisie. ‘n Ouma wat nie meer so lekker sien of hoor nie, maar ‘n ouma wat glad nie skrik vir ‘n uitdaging nie en verseker al ‘n paar resepte haar eie gemaak het.

Die hele broodbakkery moes toe nou in 2 sessies opgedeel word. Ek wou graag 4 verskillende soorte brode wou bak, ja jy het reg gelees, 4 brode. Alhoewel ek ‘n hele dag daarvoor uitgesit het, het Murphy gou ‘n eiertjie kom lê en my bederf met ‘n fisio afspraak. Dit het natuurlik veroorsaak dat ek die brood knieëry moes los vir ‘n ander dag.

Ons het toe nou maar besluit op ouma se driehoek broodjie en ‘n “maklike” broodjie in my ma se resepteboek. Die maklike broodjie was op die ou end toe nie so malik nie en die resep moes bietjie aangepas word, natuurlik en ons het ook besluit om ‘n ekstra geur by te voeg

Erfenis dag was darem om die draai wat toe nou die perfekte geleentheid was vir die ander 2 brode. Die regte egte boerbrood en my tannie se gewilde caramel broodjies.

Nou ja, ek kan nou elke stap uitspel en verduidelik, maar ek het besluit om ons nie almal daarmee te verveel nie. Die 4 brode is gebak, met so klein bietjie frustrasie, baie lag, ‘n paar aanpassings, heelwat sukses, groot lesse, baie groot lesse en ook ‘n besef dat als nie altyd met die eerste probeerslag perfek gaan wees nie. Ek wil wel ‘n paar goedjies deel wat ek in die proses geleer het.

  • Dis rerig nie so moeilik soos wat mens dink nie.
  • Mens gaan nie met die eerste probeerslag dit perfek reg kry nie.
  • Wysheid kom toe wel met die grysheid en daar word baie anders na resepte gekyk, as mens ooit dan nog na resepte kyk.
  • Gooi bietjie meel of olie op die oppervlak waarop jy werk en aan jou hande om seker te maak die deeg klou nie vas nie.
  • ‘n Stukkie bakpapier onder in die pan, wat gesmeer is, help dat die brood nie in die pan vasplak nie.
  • As jy ekstra bestandele soos ham, kaas in die brood wil sit, meng dit saam met die droeë bestandele.
  • Die deeg moet rys, natuurlik, dubbeld sy aanvanklike grootte.
  • Die deeg moet nie koud of warm wees nie, kamertemperatuur.
  • Ouma het sommer die pannetjies met die deeg in, in ‘n plastieksak gesit, en toe in lou warm water, wat maak dat dit makliker rys.
  • Sodra die deeg begin borreltjies bo op maak, is dit reg om oond toe te gaan
  • Hanteer die deeg in die pannetjies versigtig en met omgee, anders val dit plat.
  • As jy aan die gebakte broodjie klop en dit klink hol binne, is die brood reg.
  • Lag vir jouself
  • Kry meel op jou gesig
  • Proe en deel
  • Geniet die hele proses

So kom ek toe nou by die groot les en die uiteinde an die dag.

Geniet die proses. Ja ek weet dit klink cliche, “dit gaan nie oor wen nie, solank mens dit net geniet…blah blah blah”, maar hierdie het so groot werklikheid geword op die dag. Dit was die eerste ding van die 30 goed wat ek aangepak het, iets wat rerig opwindend is, wat ek veronderstel is om te geniet, maar ek moet bieg dis die een ding waarmee ek gesukkel het. .

Ek het dit alles so oordink, die dag moet glad verloop, die brood moet perfek uitkom, die foto’s moet tydskrif mooi wees en en en…. en ja, so vergeet ek om die hele proses te geniet.

Ek het met my fotograaf a.k.a my kêrel baklei want hoekom is hy nie die heeltyd daar om elke beweging af te neem nie en waar is al sy toerusting om hierdie broodbak proses soos iets uit ‘n kos tydskrif te laat lyk. Kan jy glo? Ek het selfs in die proses vir my ouma gesê, dit maak nie saak hoe ons dit doen nie, dit moet net reg lyk op die fotos. Oh my, do you hear yourself Mareli, (rolling eyes emoji). I mean, jy is nie besig met ‘n food blog waar chefs resepte vooraf uittoets en oefen, met ‘n hele filmspan wat als afneem, voor daar oor die regte een geblog word nie, nee jy is besig met ‘n challenge van goed wat jy WIL doen, met jou onderwyser kêrel as fotograaf en 91jarige ouma wat resepte sommer reg ruk as sy dink dit werk nie so lekker nie. ‘n Uitdaging wat jy aanpak en WIL geniet, maar op hierdie stadium net jouself en almal om jou uitstres.

Ek was sommer ‘n op stadium heel emosioneel en geïrriteerd omdat alles nie verloop soos ek dit voorgestel het nie.

Dis maar ongelukkig nie hoe die lewe werk nie, ja weer cliche. Jy kan beplan soos jy wil, maar jy het nie altyd beheer oor hoe jou dag en uitdaging verloop nie. Jy het nie beheer oor ander mense se doen en late nie en as kêrel nie die foto so geneem het nie en die oomblik is verby, dan is die oomblik verby. Jy kan wel besluit hoe jy die situasie gaan hanteer en of jy dit onaangenaam gaan maak vir almal om jou oor dit nie volgens jou beplanning loop nie, of jy kan besluit om dit te geniet en die beste daarvan te maak!

So as jy weer vir my vra, wat is die beste ding since sliced bread… die lesse wat jy daaruit leer en beter doen. Ek besluit dan nou, vir al die uitdagings voorentoe, my eerste doel sal wees, om dit te geniet.

Ons gesels dan weer, tot volgende keer.

Mareli xx

DANKIE aan my amazing fotograaf
a.k.a kêrel wat eintlik ‘n onderwyser is


4 thoughts on “Bak ‘n brood

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s