“Your later may be late. Never postpone your salvation HOURS to tomorrow. If it’s not now, it may be never. The days are not OURS!”
– Isrealmore Ayivor
“Someday”, you said you’d do it yesterday; Yesterday, you said you’ll do it today. Today, if you push it to tomorrow, it’s likely tomorrow, you’ll shift it to “Someday”! Do it now!”
– Isrealmore Ayivor
Noem dit seker maar ‘n “quarter life crisis” of dalk ‘n “eye opener” ek weet nie, noem dit eintlik maar net wat jy wil, maar hier is ek nou, aan die begin van my eerste blog post waar ek al klaar nie die beste taal gebruik toepas nie en net skryf uit die hart uit. Ja dit is heel moontlik hoe die volgende 30 posts, en die klomp daarna gaan volg, sommer net so uit die hart uit, sonder enige fancy woorde, en verseker taal wat gemeng word.
In elk geval, kom ek verduidelik.
My kêrel het onlangs die groot 30 mylpaal in sy lewe bereik en daar kom ek met ‘n skok agter, dat die ouderdom 30 nie meer so ver vir my is nie. Ja dit is seker nie so erg soos mens dit altyd maak en wat ek op die oomblik voel nie, ouderdom is mos maar net ‘n getal, maar ja ek het geskrik!!
Dis asof mens van kleins af dink, sjoe 30 is oud. Ek is amper seker almal van ons het al op ‘n stadium in ons lewe so gedink. Jou exciting lewe is verby die oomblik wanneer jy die groot drie-nul tref.
Moet my nou nie verkeerd verstaan nie, ek dink glad nie 30 is oud nie. Inteendeel, ek sien soveel mense wat in hulle 30tigs die tyd van hulle lewe het, en meer exciting leef en dinge doen as wat ek op 27 doen. Die realiteit van 30 het net ‘n bietjie vinniger gekom as wat ek verwag en gehoop het.
‘n Mens sê so baie, ek sal eendag graag dit nog wil doen, en ek sal graag dat nog wil doen. Doen mens ooit al die dinge wat jy “so graag” eendag wil doen? Ek het verseker nog nie die oorsese vakansie gevat wat ek nou al so lankal “graag” wil doen nie. Ek het ook nog nie daai painting klaar gemaak wat ek eendag nog graag wil klaarmaak, raam en ophang nie. Maar ek het wel die woord “EENDAG” heeltemal te veel gebruik.
Beteken dit dat ek eendag eers die dinge gaan begin doen, eendag gaan ek eers begin leef, as ek dit nou so “dramaties” kan sê? Wanneer eendag? Eendag wanneer ek eers in my 30tigs is?
Ek het toe nou ‘n paar sommetjies gaan maak, gaan uitwerk wanneer my “eendag-as-ek-groot-is” ouderdom aanbreek. Op die oomblik is ek 27. Ek word 30 op 27 Februarie 2022. Dit wil sê oor 2 en ‘n half jaar is my groot 30… wat beteken ek het 30 maande voor ek 30 word. Bietjie toevallig. Ag maar ek love die significance van getalle!
So het ek nou maar ongelukkig bietjie van ‘n slegte gewoonte om dinge uit te stel en vir eendag te los. Selfs op skool het ek al my take tot op die laaste nippertjie gelos maar dan kry ek baie goed onder druk dinge gedoen. In elk geval, ek hou ook baie van uitdagings en moet bysê, sodra ek vir myself ‘n uitdaging stel, is ek doelgerig om dit te voltooi.
Ek het baie gesê, Eendag wil ek dit doen, maar na my effense skrik van 30-is-nie-meer-SO-ver-nie, het ek besluit my EENDAG is nou VANDAG! Ek gaan nou ‘n uitdaging vir myself gee en nou die dinge begin doen.
30 dinge voor ek 30 word in 30 maande.
Yes, there it is. 30 voor 30. Ek sal graag in die volgende 30 maande dinge wil doen wat ek nog altyd wou doen. Dis nou nie noodwendig te sê dit gaan 30 major, life changing dinge wees nie, maar iets soos om ‘n brood te bak of net tyd te maak om te lees, sal deel maak van die lysie. Daar is natuurlik meer extreme challenging dinge wat my langer gaan neem as ‘n maand, maar die lysie gaan ek nou nie meer langer los tot eendag nie!
Nou vir die lysie… Hier is die 30 dinge wat ek in volgende 30 maande wil aanpak voor die ouderdom van 30! Van die goed gaan ek verseker in ‘n dag gedoen kan kry, van dit gaan oor die tydperk van die volgende 30 maande gebeur en daar is selfs hier en daar iets wat nie noodwending, of selfs glad nie, in my hande is nie.
- Begin ‘n Blog
- Gaan oorsee
- Bak ‘n brood
- Hardloop ‘n wedloop
- Bereik my “Health & Fitness” doelwitte
- Maak ‘n painting klaar
- Maak klere van “scratch” af op die regte manier
- Gaan op ‘n staptoer
- Lees 30 boeke
- Leer ‘n nuwe taal
- Leer die kuns van fotografie
- Leer om macrame te doen
- Leer om hand borduurwerk te doen
- Doen pottery
- Eet by ‘n baie fancy en duur restaurant
- Woon ‘n kookklas by
- Skryf ‘n fliek
- Gaan doen ziplining
- Gaan doen power paragliding
- Begin met kontemporere dansklasse
- Kry ‘n agent
- Maak honeycomb, skuimpies en fudge
- DIY iets groot soos ‘n boekrak
- Brei ‘n trui
- Gaan op daardie koffie afspraak wat mens so lank uitstel
- Maak jou verhoogstuk klaar
- Raak verloof – HOPELIK!
- Begin met “Bullet journal”
- Doen ‘n ordentlike roadtrip met baie fotos
- Sny jou hare
So hier het julle dit nou, my quater life crisis opgesom in my eerste blog post. Vir die volgende 30 maande beoog ek om elke maand op die 27ste, iets van die lysie af te tick en almal op hoogte te hou.
Ek neem aan nr 1 op die lysie kan ons so semi aftick, maar ek sal ‘n legit post daaroor maak wanneer die blog bietjie meer aan die gang is.
Lets do this! My 30 maande begin verlede week Dinsdag (shock emoji), of moet ek eerder sê moes verlede Dinsdag begin het. Ek is baie opgewonde vir die volgende 30 maande wat voorlê en die wat daarna volg. Laat weet my wat jy dink, of daar iets is wat ek by die lysie moet add, of as jy van ‘n cool plek weet waar ek die goed kan doen. Laat weet ook indien jy “keen” is om die lysie saam met my aan te pak!
Bye vir nou!
Mareli xx
DANKIE
Bianca Potgieter vir my mooi fotos!!
Cool Mareli. Trots op jou! 💕
LikeLiked by 1 person
Cool Mareli. So trots op jou! 💕
LikeLiked by 1 person
Well done niga, ons help en ondersteun jou hoor mwa😘🙏
LikeLiked by 1 person
Mooi Mareli!
Dit is n goeie begin en ek het groot afwagting vir wat gaan volg!
LikeLiked by 1 person
Sien so uit na die volgende post! Geniet regtig on jou blog te lees 😁
LikeLiked by 1 person
moooooi 🙂
LikeLiked by 1 person
Awesome!!!! Jy het nog heelwat tyd van ons se tyd is bietjie minder voor 30😬
LikeLiked by 1 person
Mareli… Jy inspireër my! Defs iets wat ek ook wil aanpak en regtig nodig het nou…
LikeLike
Ah Anja, dankie vir jou boodskap. So bly dit kan vir iemand iets beteken. Laat weet my as jy iets saam my wil doen.
LikeLike
Baie mooi geskryf, Bluetooth 😊! Ek sien uit na die volgende ❤️
LikeLiked by 1 person