
Mapstieks
-Uitroep van verbasing
‘n Rukkie terug was daar ‘n advertensie waar mense hulle gunsteling Afrikaanse woorde gesê het. Natuurlik sit dit mens aan die dink. Wat sou ek nou in so situasie gesê het…? Die woord MAPSTIEKS het in my gedagtes sy plek kom maak.
Ek’t altyd gedink dit moet ‘n hoë Afrikaanse woord wees met ‘n lang beskrywing, maar hier besluit ek op ‘n woord wat ‘n 3 woord betekenis het – “Uitroep van verbasing”. Wanneer ek aan die woord dink, dan kry ek lekker, ek voel goed en ek wil dit weer sê, en nog ‘n keer sê. Mapstieks, Allamapstieks, My Mapstieks!!
Dit laat my trots voel om Afrikaans te wees, juis oor die feit dat dit net ‘n Afrikaanse woord is en nie ‘n direkte vertaling het wat dit so mooi in Engels beskryf nie! Dit is ‘n woord van opwinding, ‘n woord van verbasing, ‘n woord van lekkerkry.
Dis my woord, ja Mapstieks is my gusnteling woord.